Jongste oor Kudugas se ontwikkeling
Die Kudugas-projek, geleë sowat 170 kilometer noordwes aflandig van Oranjemund, wil teen 2026 operasioneel wees. Die gasveld met sy waterdiepte van 170 meter, se natuurlike gasreserwes word op 1,3 triljoen kubieke voet beraam en moontlike reserwes op 9 triljoen kubieke voet. Die projek se hoofbestuurder, Klaus Andersson, gee die jongste verwikkelinge van die Kudugas-projek aan Kosmos 94.1 Nuus.