COP27: Ramaphosa vra ryk nasies om Afrika te ondersteun
President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep op ryk nasies gedoen om Afrika te ondersteun in sy poging om ‘n geïntegreerde plan te beraam vir aanpassings om die uitwerking van klimaatsverandering te bestuur. Ramaphosa het met afgevaardigdes op die COP27 Klimaaberaad in Egipte gepraat en gesê die vasteland benodig ‘n voorspelbare en toepaslike befondsingstroom en tegnologiese ondersteuning. Hy het ‘n beroep op die ontwikkelde gemeenskappe gedoen om hul verbintenis tot die vasteland na te kom.