Twee kontrakteurs kry tender om sand van paaie by Lüderitz en Oranjemund te verwyder
Die Paaie-owerheid van Namibië het sewe maande ná die sluiting van die tender vir padwerke en die verwydering van sand vanaf die paaie by Lüderitz en Oranjemund, die kontrak aan twee kontrakteurs toegeken. Net twee uit die 33 tenderaars se tenders is goedgekeur. Volgens die Tender Bulletin is die tender vir afdeling een ter waarde van 20,57 miljoen Namibiese dollar aan Bruno Construction toegeken en die tender vir afdeling twee ter waarde van 5,99 miljoen dollar aan Oshikoto Building Construction.