NWR vra geduld, sê hy is besig met opknappings
Namibia Wildlife Resorts sê hy het kennis geneem van die talle klagtes op sosiale media oor infrastruktuur en dienste by van sy oorde, veral binne Etosha Nasionale Park. Volgens die NWR is daar onlangs ‘n opknappingsprojek aangekondig en dit duur voort. Daar is 60 miljoen Namibiese dollar begroot daarvoor en die eerste voltooiings sal teen middel-Desember voltooi wees. Nelson Ashipala, woordvoerder by die NWR het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.