Downsindroom-ouers se lewe vergemaklik op kusdorpOctober 27, 2022
’n Skool spesifiek vir kinders met downsindroom kan binnekort ’n werklikheid vir die gemeenskap van Walvisbaai word. Bonita Antoncich, van die Yahweh Downsindroom-stigting, en self ‘n moeder van ‘n kind met downs, is die dryfveer agter die inisiatief. Kosmos 94.1 Nuus het met Antoncich gesels oor die stigting se planne en vooruitsigte.