Oorlog stuur af op onbeheerde eskalering, sê RuslandOctober 25, 2022
Rusland se verdedigingsministerie sê die oorlog in Oekraïne stuur af op ‘n onbeheerde eskalering. Dit volg op berigte dat Moskou nóg troepe na die strategies belangrike suidelike stad Kherson stuur en heel moontlik voorberei om dit te verdedig. Daar word berig dat die jongste dreigemente van Moskou kom terwyl Russiese magte blykbaar voorberei om hulle aan die oostelike oewer van die Dnieper-rivier naby Kherson te onttrek, te midde van ‘n nuwe ontruiming van burgerlikes, en voorbereidings vir die moontlike verlies van die stad.