TransNamib gaan 2 lokomotiewe vir waterstof omskep
TransNamib kan die eerste staatsbeheerde spoormaatskappy in Afrika word wat waterstof-aangedrewe lokomotiewe bedryf met ‘n Hyphen-geleide konsortium wat voorstel dat twee diesel lokomotiewe na ‘n dubbel-brandstof stelsel om geskakel word. Die proses sal gebruik maak van waterstoftegnologie wat oor twee dekades ontwikkel is deur CMB.TECH en die waterstof-brandstof sal verskaf word deur Cleanergy Solutions Namibia, wat besig is om ‘n groen waterstofproduksiefasiliteit naby Walvisbaai te ontwikkel. Die projek, HyRail Namibia sal na verwagting 18 maande neem om te voltooi. Die prototipes sal by die Traxtion Rail Hub in Rosslyn, Suid-Afrika gebou en aangepas word terwyl instandhouding in Namibië sal plaasvind deur Traxtion, wat ook opleiding aan TransNamib tegniese personeel sal verskaf.