Tifoon Talas saai chaos in Japan
‘n Tifoon het sentraal-Japan met stortreën en verwoestende winde getref. Twee mense is dood en tienduisende huishoudings is sonder krag. Die Kyodo-nuusagentskap berig winde in die middelpunt van die tifoon Talas het teen sowat 65 kilometer per uur gewaai met rukwinde van tot 90 kilometer per uur. ‘n Man in sy veertigs is dood in ‘n grondstorting en ‘n 29-jarige man is dood aangetref nadat sy motor in ‘n opgaardam gestort het. Krag is ook na sowat 120 000 huishoudings onderbreek.