PDM wil weet wat is die lot van gesondheidsassistente van Covid-19September 21, 2022

Inna Hengari, parlementslid van die Popular Democratic Movement, het vandag in die Nasionale Vergadering aan die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, gevra hoeveel jongmense as gesondheidsassistente tydens die Covid-pandemie in die gesondheidsministerie aangestel is. Hierdie individue het die ministerie bygestaan in die stryd teen die Covid-19-pandemie. Hengari sê hulle het ‘n verskeidenheid take verrig het en sy wil weet wat die lot van hierdie vrywilligers is.