Jagersfontein het weer kragSeptember 14, 2022
Eskom het bevestig die grootmaat elektrisiteitstoevoer na Jagersfontein in die Vrystaat is herstel. Eskom sê in ‘n verklaring sy tegnici het ‘n transformator by die Badplaas-substasie in Jagersfontein vervang, nadat die Rietkuil-substasie Sondag vernietig is na die damwal gebars het. Volgens Eskom moet inwoners wat steeds sonder elektrisiteitstoevoer is, dit by hul diensverskaffer aanmeld.