Kenia lewer vermeende stroperbaas na VSA uit
Kenia het ‘n tweede persoon op die Verenigde State se lys van “mees gesoektes” uitgelewer – ‘n man wat verdink word van betrokkenheid by die stropery van meer as 100 olifante en minstens 35 renosters. Abdi Hussein Ahmed, ook bekend as Abu Khadi, en drie ander is vroeër aangekla van sameswering tot handel in renosterhoring en ivoor ter waarde van 120 miljoen Namibiese dollar. Keniaanse owerhede het hom verlede week in hegtenis geneem nadat hul ‘n wenk vanaf die publiek ontvang het. Amerika het vroeër ‘n beloning van meer as 17 miljoen Namibiese dollar aangebied vir inligting oor waar hy hom bevind.