Kommer oor kinders wat sonder sorg ronddwaal

Daar is groeiende kommer in Namibië dat kinders so jonk as drie jaar oud gevind word wat alleen in strate of gevaarlike omgewings ronddwaal. In Windhoek is vandag ‘n driejarige seuntjie sonder die sorg van enige iemand in ‘n rivierbedding gevind. In die meeste gevalle wanneer hierdie kinders gevra word wie hulle is, is al wat hulle kan onthou net hul name en nie eers hul pa se name nie. Aktivis Zack Itodo sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat hierdie kinders maklik ontvoer kan word.