Meatco se jaarvergadering is op 30 SeptemberAugust 31, 2022

Meatco se jaarvergadering vind 30 September op Otjiwarongo plaas. Die vergadering begin om nege-uur. Die maatskappy verkeer onder druk en het die afgelope tyd die nuus gehaal, vir al die verkeerde redes, onder andere, dat miljoene aan produsente geskuld word. Meatco het ook die afgelope tyd sy fokus op die boere noord van die veterinêre kordonheining geplaas in ‘n poging om nuwe markte oop te maak. Die maatskappy se woordvoerder Rosa Hamukuaja-Thobias, sê die vergadering is belangrik omdat dit die eerste een in twee jaar is.