Landwye Inentingsveldtog skop môre afAugust 2, 2022
Die Namibiese gesondheidsministerie stel môre die Nasionale Geïntegreerde Inentingsveldtog in die hoofstad bekend. Roetine inentings het oral oor teruggesak as gevolg van die Covid-pandemie en die hele reeks inspuitings word aangebied aan kinders jonger as vyf jaar. Klem-in-die-kaak sowel as vitamine A-inspuitings word ook aangebied, en kinders word ontwurm. Die veldtog sal deur eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila van stapel gestuur word. Dit vind môreoggend om nege-uur by die UN Plaza in Katutura plaas. Die landwye inentingsveldtog duur tot 19 Augustus.