Namibië sal nie brandstofprys dereguleer nie

Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo, sê daar is geen planne om die brandstofprys te dereguleer nie. So ‘n stap sal toelaat dat vulstasies hulle pryse kan bepaal. Volgens Alweendo sal ‘n deeglike ondersoek gedoen moet word voor so stap oorweeg sou word. Hy sê die wisselvalligheid in die energiemark maak deregulering riskant. Ekonome stem saam en voeg by dat die brandstofprys dan meer sensitief sal wees op enige bewegings in die mark en sal byvoorbeeld styg wanneer vulstasie-eienaars se insetkoste styg. Maar, kompetisie sal ook goed wees vir die mark en die verbruiker.