Stad Windhoek vergader met gemeenskappe
Stad Windhoek begin met ‘n reeks gemeenskaps-vergaderings om met die gemeenskappe te praat en uit te vind wat hul uitdagings is. Die vergaderings het ook ten doel om uit te vind met watter dienste die gemeenskappe tevrede is. Die vergaderings het hierdie naweek begin, maar dit duur tot Augustus. Tot dusver is vergaderings in die Samora Machel-kiesafdeling en Havana gehou. Stad Windhoek se woordvoerder, Lydia Amutenya, is aan die woord.