Menseregtekommissie vergader in Gauteng oor gesondheidJuly 11, 2022
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gaan vandag met departementshoofde vergader oor die toestand van Gauteng se gesondheidstelsel en -infrastruktuur. Die kommissie se woordvoerder, Buang Jones, sê hulle spreek sedert 2018 kommer uit oor die haglike toestand van die infrastruktuur by die provinsie se gesondheidsinstellings. Hy sê ‘n aantal kwessies sal tydens die vergadering bespreek word, onder andere die beskikbaarheid van mediese sorg, finansiële aspekte, menslike hulpbronne, fisiese infrastruktuur en toerusting in Gauteng: