Wes-Kaapse toerisme herstel met 95%June 30, 2022
Die Wes-Kaapse LUR van Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê sy is verheug dat die provinsie se toerisme- en gasvryheidsektor aanhou herstel. Van die belangrikste bevindings uit die statistiek vir Mei, wys binnelandse passasiers by die Kaapstad Internasionale Lughawe het tot 83 persent herstel, en hotelbesetting staan op 49 persent. Dit verteenwoordig ‘n herstelkoers van 95 persent, vergeleke met Mei 2019. Wenger sê hierdie inligting bring hoop vir ‘n sektor wat swaar deur die Covid-pandemie getref is: