Sprinkbokvroue se kaptein is uit vir môre se wedstrydJune 22, 2022

Die Springbok-vroue se voorspeler-afrigter, Eddie Myners, sê die verlies van die gereelde kaptein, Nolunsindiso Booi, het die afrigtingspan geleentheid gegee om aan die groep se diepte te werk. Booi het griep en is nie beskikbaar vir môre se wedstryd teen Namibië in die Afrikabeker-toernooi nie, maar Babalwa Latsha sal in haar plek die span aanvoer. Myners sê hulle wil ook jonger spelers geleentheid gee om ervaring op te doen indien die situasie dit toelaat. Die Bok-vroue het Zimbabwe verlede week in hulle Groep A-wedstryd met 108-0 verpletter terwyl Namibië 72-0 teen Zimbabwe verloor het.