Rooftogte neem toe by geriewe in KaapstadJune 22, 2022

Die Stad Kaapstad sê daar was hierdie maand twee gewapende rooftogte by gemeenskapsgeriewe. Die jongste was ‘n aanval op die biblioteek in Nyanga Vrydag. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê klinieke, biblioteke en ontspanningsgeriewe is lank reeds die teiken van opsetlike beskadiging en diewe. Sy sê hierdie oënskynlike nuwe neiging van gewapende roof is iets heeltemal anders en beslis ‘n rede tot kommer: