Nafau oorweeg ‘n landwye stakingJune 22, 2022
Die Namibiese Voedsel- en Geallieerdewerkers-vakbond, bekend as Nafau sê hy oorweeg ‘n landwye betoging na hulle nederlaag in hul hooggeregshofsaak teen Shoprite. Die vakbond se sekretaris-generaal Jacob Penda sê die vakbond wil teen die beslissing protesteer. Die hoërhof het verlede jaar in die guns van Shoprite se stakende werknemers beslis nadat die kleinhandelaar besluit het om tydelike personeel gedurende die staking aan te stel. Shoprite het ‘n appèl by die hooggeregshof ingedien en versoek dat die besluit tersyde gestel word. Die hooggeregshof het in April ’n uitspraak in Shoprite se guns gelewer.