Eerste sterfgeval, vermoedelik van koue, in hoofstad gevindJune 22, 2022
‘n Ongeïdentifiseerde man is vanoggend om sewe-uur na-aan die Staatsveearts op Robert Mugabe-rylaan gevind. Die polisie is onmiddellik ontbied en sekuriteitswagte het bevestig dat hy reeds sedert vier-uur vanoggend op dieselfde plek gelê het. Daar word vermoed dat hy haweloos is en dat hy gesterf het aan koue-blootstelling. Adjudant-offisier Silas Shipandeni sê hulle wag nog vir die bevestiging van die oorsaak van die man se dood.