Curriebeker: Mannetjies Roux gesels oor Saterdag, en daardie wedstryd in 1970June 22, 2022
Die man wat die Windhoek Draught Griekwas in 1970 na hul laaste Curriebeke-oorwinning gelei het, Mannetjies Roux, sal Saterdag in Kimberley by die Windhoek Draught-stadion wees by die finaal teen die Airlink Pumas. Die span het Noord-Transvaal daardie jaar met 11-9 geklop. Mannetjies Roux het met Kosmos 94.1 Sportnuus gepraat en sê die senuwees knaag effe.
Hy gesels oor daardie oorwinning in 1970… en sê daar was nie reserwes nie – jy het met jou seer gespeel.