Uitsprake in SA howe dalk in ander tale te vertaalJune 20, 2022
Die Suid-Afrikaanse Regter-president van die Appèlhof, Mandisa Maya, sê sy beplan om die moontlikheid te ondersoek om uitsprake in ander amptelike Suid-Afrikaanse tale te laat vertaal. Maya het tydens haar onderhoud vir die pos van adjunkhoofregter onthul sy het in die saak tussen AfriForum en Unisa haar uitspraak in Xhosa geskryf. Sy sê dit was ‘n moeilike besluit, maar sy hoop om ander howe aan te moedig om ook uitsprake in volkstale te lewer.