Gratis onderwys: Ouers het ook ‘n verantwoordelikheidJune 13, 2022

Namibiese ouers het skerp gereageer op die swak befondsing van skole en sê hulle word genoodsaak om skoolfonds te betaal by openbare skole. Maar, volgens die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, kan ouers nie van sommige fooie gevrywaar word nie. Sy voeg by, ‘n konferensie word later vanjaar in die verband gehou.