Stormers en Bulle deur na VRK halfeindstrydJune 5, 2022

Die Stormers is die gashere vir Ulster in die Verenigde Rugbykampioenskap se een halfeindstryd volgende naweek. Hulle het Edinburgh gisteraand voor ‘n rasend-opgewonde Kaapstadse skare met 28-17 geklop. Die Bulle kon gister in ‘n vroeëre kragmeting eers ná die einde van die amptelike speeltyd daarin slaag om die Haaie naelskraap met 30-27 in ‘n spannende wedstryd op Loftus te klop. Die losskakel Chris Smith het die oorwinning beklink met ‘n skepskop. Die Bulle kom nou Vrydag in die ander halfeindstryd teen Leinster te staan.