Steenhuisen vandag in KiëfMay 3, 2022

Die DA-leier, John Steenhuisen, is op die oomblik in die Oekraïnse hoofstad, Kiëf. Hy sê hy het gister in Lviv met verskeie leiers vergader en is van plan om ander leiers in beide stede te ontmoet. Steenhuisen sê die besoek is om die skade wat die oorlog aangerig het te bepaal en te sien hoe dit Suid-Afrika gaan raak. Steenhuisen sê die inval is nie ‘n Europese probleem nie, maar wel ‘n globale een: