Onthou, maak eers môre jou tenk volMay 3, 2022

Namibiese motoriste word daaraan herinner dat die plaaslike brandstofprys vannag om middernag daal en dan sal ‘n liter petrol 1 dollar 20 sent goedkoper wees met diesel wat met 30 sent per liter daal. Andreas Simon, woordvoerder van die ministerie van myne en energie sê die daling in die heffings is ook vir 90 dae geldig.