Itula, Forbes lei IPC, SPYL vergader ookMay 1, 2022

Die Eerste Nasionale Raad van Patriotte van die Independent Patriots of Change-party het Vrydag en Saterdag vergadering in die hoofstad gehou. Die burgemeester van Walvisbaai, Trevino Forbes, is ingehuldig as die party se adjunk-president en dr. Panduleni Itula is bevestig as die party se presidensiële kandidaat vir die 2024-verkiesing. Die party het reeds sy 2024-verkiesingsveldtog op 18 Maart vanjaar van stapel gestuur. Intussen het die Swapo-party se jeugliga ook sy sentrale komitee-vergadering in die hoofstad gehou. Daar sal later vanjaar ‘n verkiesingskongres gehou word, voor Swapo se verkiesingskongres wat volgens berigte in November vanjaar plaasvind. Die party se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa sowel as President Hage Geingob het die liga toegespreek en lofliedere vir die party gesing, en ‘n beroep gedoen vir eenheid in die party.