Christine doen dit weer in Gaborone!May 1, 2022
Christine Mboma het weer harte verower met haar uitstekende vertoning by die Internasionale Byeenkoms wat Saterdag in Gaborone, Botswana gehou is. Die byeenkoms dien as kwalifiserende ronde vir internasionale byeenkomste later vanjaar. Mboma het 10,97 in die 100-meter behaal en 21,87 in die 200-meter behaal, en altwee wedlope gewen. Beatrice Masilingi het tydens die 100-meter ‘n besering opgedoen en is deur paramedici bygestaan. David Dam, Namibië se langafstand-atleet het sesde plek in die 800-meter behaal in ‘n tyd van 1 minuut, 48,63 sekondes en Ernst Narib het sewende plek in die 200-meter behaal in ‘n tyd van 21,47 sekondes.