Ethiopiese mans wil glo vir Rusland veg
Ethiopiese mans staan glo tou voor die Russiese ambassade in die hoofstad Addis Ababa, en wil na bewering vir Rusland veg. Internasionale media berig die mans wil gewerf word om in die oorlog in die Oekraïne te veg. Die Russiese ambassade het egter gesê hy werf nie soldate nie. In nog ‘n verwikkeling het Rusland bevestig een van sy dienspersoneellede is dood en nog 27 ander word vermis na die oorlogskip Moskva ‘n week gelede gesink het. Oekraïne sê hy het die skip met ‘n missiel getref, maar Rusland hou vol dit het weens ‘n onverklaarbare brand aan boord gesink.