Covid-gevalle effe hoër vandagApril 21, 2022
Namibië se Covid-verslag het vandag ‘n 9,5 persent positiewe koers met 114 nuwe gevalle uit 1 195 toetse. Dit is nie op hierdie stadium bekend of die hoë hoeveelheid toetse enigiets te doen het met reise na Suid-Afrika wat ‘n negatiewe toets benodig omdat Namibië nie digitale inentingsertifikate het nie. Die gesondheidsministerie sê 95 is nuwe gevalle en 19 is herinfeksies. Daar is 24 leerders onder die groep met 21 van Windhoek Hoërskool. Gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula het onlangs melding gemaak van uitbrekings by skole. Daar is tans 448 aktiewe gevalle in die land met net drie pasiënte in die hospitaal.