Ramaphosa kritiseer uitvra van buitelanders se identiteit
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het eise vir die identifisering van buitelanders in Diepsloot veroordeel. Dit volg na protesoptrede in die gebied en die moord op ‘n Zimbabwiese burger, Elvis Nyathi. Ramaphosa sê dit is onaanvaarbaar dat mense gejag en oor hulle identiteit uitgevra word. Hy het ‘n beroep op burgers gedoen om mense van ander lande te respekteer.