R12,3 triljoen nodig in SA vir zero-uitlaatgasse
Suid-Afrika het sowat 12,3 triljoen Suid-Afrikaanse rand nodig vir die oorgang na netto-zero uitlaatgasse. Dit is bo en behalwe die kapitaal wat reeds geoormerk is vir klimaatsbeleide. Dit is volgens Standard Chartered se verslag, Just in Time: Financing a fair transition to net-zero. Die verslag sê indien Suid-Afrika sy oorgang na netto-zero self befonds, sal dit hoër belasting en ‘n toename in regeringslenings beteken. Standard Chartered sê dit is daarom belangrik dat ontwikkelde markte die oorgang óf deur toelaes óf deur lenings ondersteun.