Byna 53 00 ID’s vergader stof by binnelandse sake
Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het in ‘n mediaverklaring gesê daar is ‘n hoë aantal identiteitsdokumente wat nog nie afgehaal is nie. Tydens die 2021/2022 finansiële jaar het die ministerie 114 354 ID-dokumente geproduseer, waarvan slegs 61 455 afgehaal is. Dit beteken 52 899 ID-dokumente is nog nie afgehaal nie en vergader sy by hul kantore. Die ministerie doen ‘n beroep op Namibiërs om hul dokumente af te haal en herinner hulle ook aan die SMS-diens vir ID-aansoeke wanneer aansoekers ‘n SMS op hul selfone sal ontvang wanneer dokumente gereed is.