Swak paaie kos SA-boere miljarde
AgriSA sê die swak en immer verslegtende toestand van paaie in landelike en landbougebiede kos die bedryf miljarde Suid-Afrikaanse rand en bedreig voedselsekerheid. AgriSA het in ‘n opname by 311 plase bevind dat 94 persent van alle landbouprodukte per pad vervoer word. Die regstreekse koste van swak padtoestande het verlede jaar vir elke boer sowat 200 000 rand beloop wat die totale koste vir die bedryf op tussen 6 en 8 miljard rand te staan bring. Die vee-sektor word die ergste geraak.