Putin moet vir oorlogmisdade verhoor word – Biden
Spanning tussen die Weste en Rusland blyk om te vererger. Die Amerikaanse President Joe Biden het gevra vir ‘n oorlogsmisdaadverhoor oor die beweerde gruweldade teen inwoners van Bucha in Oekraïne, en sê verdere sanksies moet teen Rusland ingestel word. Biden het aan verslaggewers gesê daar moet ‘n oorlogsmisdaadverhoor wees. Hy noem President Vladimir Putin ‘n ”oorlogsmisdadiger” en die beweerde moorde ‘n ”oorlogsmisdaad”. Biden het Putin van tevore ook ‘n oorlogsmisdadiger genoem, wat woedende reaksie deur die Kremlin ontlok het.