Ekonomiese Beleidsnavorsings-vereniging sê regering is misleidend oor Harambee, NEEEF
Volgens mediaberigte is verskeie beweringe deur die kantoor van die President en die kantoor van die eerste minister gemaak met betrekking tot die Harambee Welvaartsplan en die Wetsontwerp op Nuwe Gelyke Ekonomiese Bemagtiging, oftewel NEEEF. Volgens die Ekonomiese Beleidsnavorsings-vereniging is van die aansprake as feite voorgehou en dit kies sekere aanwysers waar vordering gemaak is en laat ander aanwysers weg waar Namibië se swak regeringsbestuur agteruitgaan. Eben de Klerk, ‘n navorser by die vereniging, sê aan Kosmos 94.1 Nuus van hierdie bewerings is misleidend of onvolledig.