Koring-uitdagings: Lande het lui geword met invoere
Die kwessie rondom voldoende koring voorsiening bly in die nuus. Ongeveer 15 persent van die wêreld se totale kalorie-inname is afkomstig vanaf koring en ‘n derde daarvan kom vanaf Rusland en die Oekraïne. Die plantseisoen vir koring in die noordelike halfronde is nou, en dus meen kenners dat nie net is die huidige koringvoorraad onder gedrang nie, maar volgende jaar se voorraad sal ook kortskiet. Daar is volgens sommige menings, ‘n daadwerklike risiko vir hongersnood. Daar is reeds 800 miljoen mense wêreldwyd wat honger ly en die oorlog in Oos-Europa sal dié stand van sake vererger en talle lande maak 100 persent staat op Rusland en die Oekraïne vir koring. Die bekende landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher, het sy reaksie so verwoord …