Warhol se Marylin gaan onder die hamerMarch 22, 2022

Die ikoniese Andy Warhol-portret van die aktrise Marilyn Monroe sal in Mei vanjaar onder die hamer gaan by die wêreldbekende Christie’s-veilingshuis. Daar word beraam dat die kunswerk tot 200 miljoen Amerikaanse dollar kan behaal. Die werk, “Shot Sage Blue Marilyn,” is gereed om die duurste skildery van die 20ste eeu te wees, wat ooit op ‘n veiling verkoop is, het Christie’s se voorsitter Alex Rotter gesê. Die stuk is een van vyf wat Warhol van Monroe gemaak het. Die hoogste prys wat vir ‘n Warhol betaal is, was vir die skildery “Silver Car Crash (Double Disaster),” wat in 2013 vir 105 miljoen Amerikaanse dollar verkoop is.