Russiese en Oekraïnse ministers van buitelandse sake vergader vandag
Rusland en Oekraïne se ministers van buitelandse sake het vandag hulle eerste samesprekings van aangesig tot aangesig gevoer, ná twee weke van oorlog. Dit volg te midde van internasionale verontwaardiging omdat Moskou ‘n kinderhospitaal bombardeer het. Kiëf sê ‘n jong meisie en nog twee mense is dood. Die Oekraïense minister, Dmytro Kuleba, sê hulle het geen vordering gemaak ten opsigte van ‘n skietstilstand nie. Die konflik het reeds 2,2 miljoen vlugtelinge oor Oekraïne se grense laat vlug. Rusland se minister, Sergei Lavrov, sê egter Moskou wil voortgaan met onderhandelings.