Kos raak min by Chris Hani Baraghwanath-hospitaal

Die DA in Gauteng sê die kos raak op by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal, omdat kontrakte wanbestuur en verskaffers nie betaal word nie. Daar was vir die afgelope twee weke geen brood nie en sommige dokters en verpleegpersoneel het vir die verhongerde pasiënte kos geneem. Jack Bloom van die DA sê skenkers is ook gevra om voedsel aan die hospitaal te voorsien.