SAKP bevoordeel Rusland…February 28, 2022

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party het die konflik tussen Oekraïne en Rusland veroordeel. Die Russiese president Vladimir Putin het Oekraïne verlede Donderdag binnegeval wat daartoe gelei het dat lande soos Amerika en die Europese Unie vinnig sanksies teen Rusland ingestel het. Hlengiwe Nkonyane van die SAKP sê Putin verdedig bloot sy land teen die Weste se pogings om dit te vernietig, veral ná die Oekraïnse president Volodymyr Zelenskyy se pogings om by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie aan te sluit.