Olieprys effe af, wipplank minderFebruary 26, 2022
Oliepryse het Vrydagnag gedaal ná skerp stygings vroeër die dag oor kommer oor moontlike wêreldwye voorsieningsonderbrekings weens sanksies teen die groot ru-olie-uitvoerder Rusland. Brent het met 1,2 persent teruggeval en net onder 98 Amerikaanse dollar per vat te verhandel na die prys met amper 5 persent die wee gestyg het na net meer as 105 dollar per vat. Die Namibiese brandstofprys sal Maandag by ‘n perskonferensie bekend gemaak word. Dit is die eerste keer wat die ministerie van myne en energie ‘n perskonferensie in die verband hou. Voorheen is ‘n verklaring uitgestuur.