Ongwediva spreek rondloper honde aanFebruary 25, 2022

Rondloper honde is ‘n uitdaging in dorpe regoor die land, maar die Ongwediva dorpsraad het ingegryp na verskeie lede van die publiek aangeval is. Die dorpsraad het samesprekings met inwoners gehad en het nou ‘n opvoedingsveldtog van stapel gestuur, soos woordvoerder Jackson Muma verduidelik.