Twee bedriëers van Pretoria tronk toe gestuur
Die handelsmisdaadhof in Pretoria het ‘n 59-jarige man tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis omdat hy sy vriende uit meer as 3,9 miljoen rand bedrieg het. Kobus Nel het tussen 2009 en 2019 vooraanstaande sakepersone van Pretoria en Kaapstad oortuig om in sy onderneming te belê met ‘n belofte van winsgewende opbrengste. Die 54-jarige Gladys Bezuidenhout is in ‘n ander saak gevonnis tot ses jaar gevangenisstraf omdat sy haar voormalige werkgewer uit ongeveer 2,1 miljoen rand verkul het. Die Valke se woordvoerder, Ndivhuwo Mulamu, sê Bezuidenhout was ‘n boekhouer by ‘n onderneming in Pretoria.