Nuwe MIV-variant ontdek en dis hoogs aansteeklikFebruary 15, 2022
Navorsers sê ‘n hoogs aansteeklike MIV-variant word tans in Nederland waargeneem. Die epidemioloog Chris Wymant en sy span navorsers by die Universiteit van Oxford noem die variant VB. Die studie is in Science, die amptelike blad van die Amerikaanse vereniging vir die bevordering van wetenskap, uitgegee. Volgens Wymant verhoog die nuwe stam die virusdeeltjies in die bloed tot vyf keer meer as gewoonlik en dié wat die virus opdoen, se kanse is groter om vigs te ontwikkel. Die goeie nuus is dat huidige behandelings soos PrEP doeltreffend teen die nuwe stam ingespan kan word.