Verhogings die jaar, of…
Die Onderwysers Vakbond van Namibië sê hy sal stappe teen die regering neem sou hy hulle pleidooi vir salarisverhogings verder ignoreer. Die vakbond se sekretaris-generaal Mahongora Kavihuha sê staatsamptenare sal die jaar ‘n verhoging moet ontvang. Die laaste verhoging is amper sewe jaar gelede en hy meen die regering het geen bewustheid van die realiteite op grondvlak nie. Kavihuha het ‘n beroep op alle vakbonde gedoen om saam te staan om beter lone vir die staatsdiens te bekom. Die regering se salarisstaat beslaan helfte van die land se begroting en die minister van finansies Ipumbu Shiimi het herhaaldelik beklemtoon dat die staat sy besteding moet verminder.