NamWater pyplyn is herstel, maar reservoirvlakke is steeds laagFebruary 13, 2022

Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat herstelwerk aan die pyplyn tussen Okahandja en Windhoek voltooi is. Water word op die oomblik na die hoofstad gepomp maar, dit behoort nog ‘n week te vat om die vlakke in die hoofstad se reservoirs te herstel en inwoners word gemaan om spaarsamig met water te werk. Die lyn het volgens wat berig word, reeds Donderdagnag gebreek. Stad Windhoek sal steeds sy boorgate in gebruik hou tot al die vlakke herstel is. Daar is veral kommer oor die vlakke van die sentrale en noordelike reservoirs.