Staatsrede vol leë beloftes – AfriForum

AfriForum sê President Cyril Ramaphosa se staatsrede het weereens sy reputasie bevestig as ‘n man vol mooi woorde maar geen aksie nie. Die organisasie se woordvoerder, Jacques Broodryk, sê die president het weer belowe om werkloosheid uit te wis, maar ANC-beleid is een van die grootste oorsake van werkloosheid. Hy sê Ramaphosa is berug vir sy leë beloftes en dit skep geen vertroue nie: